NewsNews

Mooibank uitsettingsbevel-saak duur voort

Die Potchefstroom-Suid Eiendomeienaarsvereniging se regspan gaan voort met hulle saak rakende die verontagsaming van die uitsettingsbevel van die grondbesetters in die Mooibank-area.

Die Potchefstroom-Suid Eiendomeienaarsvereniging se regspan gaan voort met hulle saak rakende die verontagsaming van die uitsettingsbevel van die grondbesetters in die Mooibank-area.

Die munisipalteit en department het alreeds in Maart 2021 ‘n uitsettingsbevel van die hooggeregshof in Mmabatho bekom maar  tot op datum nog nie uitgevoer nie. Die oorspronklike rede vir die uitstel daarvan was die Covid-19 ramptoestand, maar nou dat die ramptoestand opgehef is, is daar geen rede vir die sloerdery nie.

Cindy du Plessis, ‘n prokureur wat namens die Potchefstroom-Suid Eiendomeienaarsvereniging optree, het bevestig dat daar ‘n saak teen die munisipaliteit sowel as die departement van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming gemaak word.

“Die Assosiasie het reeds ‘n advokaat gebrevetteer en sal die aansoek binne die volgende twee weke in die Hooggeregshof van Mmabatho uitgereik en dan beteken word.,” noem Du Plessis.

Du Plessis meen ook dat die munisipaliteit meer as genoeg tyd gehad het en nog steeds sloer.

“Die terugvoer op die raadsvergadering was dat die munisipaliteit die aangeleentheid vir ‘n regsopinie verwys het. Dit terwyl hulle alreeds vir ñ  uitsettingsbevel in 2021 aansoek gedoen het. Dit is net ‘n taktiek om tyd te mors,” meen Du Plessis.

Die grondbestters bly ook al vir ‘n jaar en ‘n half sonder basiese geriewe en in haglike toestande.

Volgens Du Plessis is hierdie saak wat sy namens die Potchefstroom Suid Eiendomeienaarsvereniging dryf, tweeledig aangesien die inwoners naby die Mooibankomgewing en die grondbesetters albei aan die kortste ent van die tou trek.

“Die inwoners word natuurlik geaffekteer deur die grondbesetters op verskeie vlakke, maar die grondbesetters is op daardie stuk grond omdat ‘n raadslid vir hulle genoem het dat hulle daar kan bly,” noem Du Plessis.

Die litigasieproses het ook ‘n groot finansiele impak en inwoners wat tot die saak se regskostes wil bydra kan dit direk in die prokureur se trustrekening deponeer.

Vir meer inligting hieroor kan Cindy du Plessis op 082 255 2484 gebel of per whatsapp gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button