NewsNews

Student reik uit met projek vir behoeftige meisies en vroue

“Dit is vir my verskriklik om te dink dat daar ‘n vrou of meisie daar buite is wat nie basiese benodigdhede het wat ek daagliks gebruik nie,”

Luister die storie hier:

Abigail Smith, ‘n tweedejaarstudent by die NWU, samel “omgeepakkies” in as deel van ‘n liefdadigheidsinisiatief wat vir jong vroue en meisies begin is.

“Dit is vir my verskriklik om te dink dat daar ‘n vrou of meisie daar buite is wat nie basiese benodigdhede het wat ek daagliks gebruik nie,” vertel Abigail.

Sy is self betrokke by haar koshuis se liefdadigheidskomitee, en wil graag ‘n verskil maak waar sy kan.

Elke omgeepakkie gaan vyf benodigdhede vir vroulike higiëne bevat: ‘n Aanrol-deodorant, een seep, ‘n pakkie sanitêre doekies, ‘n waslap en ‘n lyfroom.

Abigail Smith

Sy wil hoofsaaklik die produkte skenk aan meisies op hoërskool, in die kerk-gemeenskappe, in Abraham Kriel Kinderhuis, asook aan mede damesstudente.

Sy voel dat al maak hierdie net ‘n paar meisies se lewens vir een week beter, is dit die moeite werd. Enigiemand is welkom om van die genoemde produkte te skenk of om ‘n finansiële bydra te maak. Elke pakkie gaan ongeveer R50 kos, maar enige donasie is welkom, aangesien “elke bydra help.”

“Ek hoop regtig dat hierdie projek groot genoeg sal wees sodat ons soveel moontlik meisies en jong vroue kan help,” noem Abilgail.

Donasies kan tussen 25 Julie en 31 Augustus by Campus Key in Molenstraat afgelewer word indien daar vooraf met haar gereël is. Sy is ook bereid om enige donasies te gaan haal as dit nie moontlik is om dit af te laai nie.

Die bankbesonderhede vir finansiële bydraes is as volg:

Begunstigde: A Smith

Bank: Capitec Bank

Bank rek nr: 1319447285

Verwysing: Skenk + Jou naam en van/ Anoniem

Alle bewyse van aankope en hoe die produkte aan die behoeftige dames in die Potchefstroom gemeenskap versprei word sal vanaf September op Abigail se Instagramblad xx_abigail_smith geplaas word met haar unieke hutsteken #weesliefvirleweenleefvirliefde.

Abigail kan gekontak word by 0606415510 of abigailsmithtay@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button