‘n Ferdie matrikulant, Mizelle Terre’Blanche het ‘n briljante vyfde plek by die Dans Wêreldkampioenskappe in San Sebastian, Spanje behaal. Hierdie vyfde plek was in die Jaaz-afdeling.
Daar was ook 65 lande by hierdie kampioenskappe teenwoordig, en is ‘n bewys dat Mizelle beslis teen die top dansers deelgeneem het.
![]()
Net voor Mizelle in Spanje deelgeneem het, het sy ook haar Pre-Elementry Moderne danseksamen gedoen. Terwyl sy in Spanje was het sy gehoor dat sy hierdie eksamen met 100% geslaag het. Sy het dan ook die AIDT Examiner Award ontvang vir haar uitstekende dansvernuf.
![]()
Hierdie kranige danser is deel van die Danceworx Unlimited-studio van Elirine Kotze in Vaalpark.
Haar mees onlangse prestasie is ‘n punt van 99% wat sy behaal het by die Talent Africa streekskompetisie en ook so gekwalifiseer het die hoogste punt vir die Nasionale kompetisie.





