Local newsNewsNews

Geen aanduiding dusver dat iemand ontvoer is

'n Herrie het vandag (10 Augustus) op sosiale media losgebars nadat 'n verbruiker gister (9 Augustus) foto's  op Facebook gedeel het van twee mans, wat glo 'n jong vrou in 'n bakkie in dra. Die voorval het na bewering gistermiddag in Hoffmanstraat plaasgevind.

‘n Herrie het vandag (10 Augustus) op sosiale media losgebars nadat ‘n verbruiker gister (9 Augustus) foto’s  op Facebook gedeel het van twee mans, wat glo ‘n jong vrou in ‘n bakkie in dra. Die voorval het na bewering gistermiddag in Hoffmanstraat plaasgevind.

“Mense wees asb op die uitkyk. Die meisie is nou so 30 min terug deur die 2 in die nissan navara in gedwing. Wees asb op die uitkyk (sic)” lees gister se inskrywing waarby verskeie fotos aangeheg is.

Die plasing deur Christiaan Johan Daniel Schutte, is teen Woensdag (10 Augustus) meer as 8 000 keer gedeel.  Dit het selfs draaie op Middelburg se veiligheidsgroepe gemaak. Ene Tebogo Phajane het in ‘n inskrywing op Facebook in antwoord gesê dat die meisie in ‘n tref en trap ongeluk betrokke was.

“Die mans was besig om haar te help,” lees sy inskrywing.

Volgens Kol. Adelle Myburgh, polisiewoordvoerder in die Noordwes, is daar nog geen voorvalle van ‘n ongeluk, of ‘n vermisde persoon by die polisie aangemeld nie.

Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, verduidelik dat hulle ook vandag van die voorval op sosiale media gehoor het.

“Ek het vir ons ouens gevra om terug te gaan op die kameras om te sien of daar iets is. Maar daar was geen anduiding van ‘n ontvoering nie. Nog niemand het navraag by ons kom doen oor so voorval nie,” het hy gesê.

Volgens hom het hulle beeldmateriaal wat wys hoe ‘n vrou uit die voertuig val, maar dat dieselfde mense haar weer terug in die voertuig in help.

Die Herald het ook navraag aan die verbruiker wat die oorspronklike plasing gemaak het, asook die persoon wat van hom verskil gestuur. Teen tyde van publikasie is daar nog geen terugvoer ontvang nie.

Enige bykomende inligting sal dadelik gepubliseer word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button