Local newsNewsNews

Hoe lyk die toekoms vir vuisvoos beleggers?

Prof. Theo Venter (politieke ontleder) en prof. Waldo Krugell (ekonoom) is die hoofsprekers by die geleentheid.

‘n Leeftyd se gebeure het die afgelope vyf jaar plaasgevind: droogtes, vloede, grootskaalse betogings, ‘n pandemie en oorlog.

Die Zondo-kommissie het ook uiteindelik hulle verslag gelewer en die eerste staatskaping arrestasies is gemaak. Al die gebeure het ‘n direkte invloed op die Suid-Afrikaanse ekonomie en dus ons beleggings en swaarverdiende aftree spaargeld.

Beleggers kan met reg wonder of daar ‘n silwer randjie êrens in die toekoms is.

Vir die eerste keer ná twee jaar se improvisasie sal Jenwil BlouSter sy Welvaartseminaar in ‘n dubbelformaat aanbied: via Zoom en in persoon in Potchefstroom en Bloemfontein. Die direkteure van Jenwil (Jean van Biljon, Rothea van Biljon en Jaco Fouché) sê hulle is in besonder opgewonde om die seminaar aan te bied met meningsvormers wat oor die politieke en ekonomiese landskap van Suid-Afrika praat.

Prof. Theo Venter (politieke ontleder) en prof. Waldo Krugell (ekonoom) is die hoofsprekers by die geleentheid. Rocco Carr van Glacier van Sanlam sal by hulle aansluit saam met ‘n paneel bestaande uit Marthinus van der Nest (Amplify Investment Partners), Edo Brasecke (Methodical Investment Management) en Wayne Kruger (Sanlam Private Wealth).

Soos in die verlede word die aand ook aangebied te bate van ‘n plaaslike liefdadigheidsorganisasie, Vessels of Mercy. Vessels of Mercy voorsien onder meer ‘n huis van veiligheid vir kinders in nood.

Jenwil wil graag die mense van Potchefstroom help om meer ingeligte besluite te kan neem rondom die toekoms van hul beleggings. Moet dus nie Jenwil BlouSter se GRATIS tiende welvaart seminaar Donderdag, 8 September om 18:00 by Hoffmanstraat 127, misloop nie. Registreer by (018) 175 0140 of stuur ‘n e-pos met jou besonderhede na adminpotch@jenwil.co.za of besoek https://www.facebook.com/jenwilbluestarpotch.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button