Local newsNewsNews

Homestead gaan groot vir eerste verjaarsdag hierdie Vrydag

Daar sal ook ‘n spesiale kompetisie vir hulle lojale kliënte wees.

Homestead Butchery vier Vrydag, 18 November hulle eerste verjaardag met groot feesvieringe wat vleisliefhebbers se monde sal laat water.

Om hul eerste jaar te vier, bied Homestead Black Friday winskopies aan wat vanaf 18-26 November sal strek. Dit sal kopers dus genoeg kans gee om vir ‘n week saam met hierdie kwaliteit slaghuis fees te vier.

Homestead Butchery vier hierdie Vrydag, 18 November ‘n jaar van top gehalte produkte en diens aan Potchefstromers.

Daar sal ook ‘n spesiale kompetisie vir hulle lojale kliënte wees.

Kliënte wat R200 of meer spandeer, sal outomaties vir hierdie kompetsie ingeskryf word.

Drie groot pryse is op die spel met koopbewyse van R3 000 – R1 000 wat gewen kan word. Die koopbewys sal op kliënte se lojaliteitskaart gelaai word.

Die eerste prys = R3 000 

Tweede prys = R2 000

Derde prys = R1 000

Die wenner van die kompetisie sal Maandag, 28 November tydens ‘n spesiale lewendige uitsending op Homestead Butchery se Facebookblad getrek word.

Lede van die publiek wat nie ‘n lojaliteitskaart het nie, kan ook op dieselfde dag vir hulle een aanskaf om sodoende deel van die groot trekking te wees en om afslag te kry wat met hierdie kaart gepaard gaan.

Daar gaan Vrydag, 18 November baie uitstallers wees wat hul ware kom uitstal, asook ‘n potjiekoskompetisie waar besighede mekaar uitgedaag het om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.

Chef Vaatjie van Toks & Tjops sal as beoordelaar optree.

Al die geld wat by dié kompetisie ingesamel word, word aan die Solidariteit Helpende Hand Fonds geskenk.

Homestead Butchery is geleë in 1 Palmietstraat en weeksdae oop vanaf 08:00-18:00 en Saterdag vanaf 08:00-15:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button