Local newsNewsNews

Liggiefees laat harte warm klop

Die Liggiefees is nog tot 31 Desember elke dag oop vir die publiek vanaf 18:30-22:00. Musiekkonserte vind om 20:00 plaas.

Die Liggiefees by Abraham Kriel Kinderhuis in Potchefstroom is alreeds oor die halfpadmerk met
hierdie fees wat weer groot aftrek onder besoekers binne en buite Potchefstroom kry.
Verskeie kunstenaars soos Bok van Blerk, Matthew Mole, Demi-Leigh Moore, Robbie Wessels en Elvis Blue
het alreeds vir puik musiekkonserte gesorg en die Liggiefees behoorlik in ‘n treffertyd verander.
Die Liggiefees is nog tot 31 Desember elke dag oop vir die publiek vanaf 18:30-22:00. Musiekkonserte vind om 20:00 plaas.

Foto’s: Wouter Pienaar

Liggiefees feite:
· Die Liggiefees se kreatiewe strukture sluit vanjaar ‘n dinosaurus, ‘n pou, ‘n beer en nog meer figure in.
Al die strukture word handgemaak deur die Abraham Kriel Kinderhuis se personeel.
· Die Potchefstroom Liggiefees is die enigste liggie-vertoning in Suid-Afrika waar liggies met die musiek gesinkroniseer is.
· Die gesinkroniseerde liggievertoning maak gebruik van 186 672 kanale en bestaan uit 62 224 liggies.
· Die welbekende liggie-toneel is die langste een in die hele Afrika.
· ‘n 72 km lang kragkabel is gebruik om krag te gee vir die liggies.
· Vir vanjaar se liggiefees is 426 500 kabelbande (cable ties) gebruik om die liggiefees ‘n realiteit te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button