
‘n Groep van ses vriende het besluit om ‘n Ysterman wedloop ter ondersteuning van liefdadigheid aan te pak.
Die groep manne, Hein Papenfus, Mighael de Beer, Wiehan Strydom, JJ de Klerk, Cobus Crowther en Stefan van Vuuren is al reeds hard aan die oefen.
De Beer, en Strydom is beide onderwysers by Hoër Volkskool, Stefan van Vuuren is ook ‘n voormalige Volkies onderwyser.
“Ons glo dat deur onsself tot ons uiterste te druk, ons ‘n werklike verskil kan maak,” het hulle verduidelik.
Hierdie uitmergelende wedloop sluit ‘n 1,2 myl (1,9 km) swem, 56 myl (90 km) fietsry en 13,1 myl (21,1 km) draf in, alles wat binne 8 uur 30 minute voltooi moet word. Die geleentheid sal op 5 Maart 2023 in Port Elizabeth, Suid-Afrika, plaasvind.

“Ons het gekies om hande te vat met twee organisasies, die Jack Pauw Koshuis en die Bond van Volkies, wat ‘n geweldige verskil maak in die lewens van minderbevoorregte kinders in die Potchefstroom en omliggende areas. Ons sal ongelooflik dankbaar wees indien jy enige skenking wil maak, maak nie saak hoe klein nie. Elke sent sal direk aan hierdie twee organisasies geskenk word,” verduidelik hulle.
Skenkings kan deur EFT in die volgende bankbesonderhede gemaak word:
Bank Naam: Standard Bank
Taknaam: Potchefstroom
Takkode: 052838
Rekeningnommer: 10147261404




