Local newsNewsNews

Twee vermeende kabeldiewe in Wyk 5 vasgetrek

Mooirivier Beskerming, CB Security en AfriForum Buurtwag was op die toneel om die verdagtes te arresteer.

‘n Spanpoging tussen sekuriteitsmaatskappye het gesorg dat twee mans vir beweerde kabeldiefstal vroeg vanoggend (Donderdag, 22 Junie) vasgetrek kon word.

‘n Insident van kabeldiefstal is vanoggend omstreeks 02:36 op ‘n buurtwaggroep gerapporteer. Die mans is ook op sekuriteitskameras op die hoek van Sol Plaatjie en Chris Hanistraat vasgevang.

Mooirivier Beskerming, CB Security en AfriForum Buurtwag was op die toneel om een van die verdagtes te arresteer.

‘n Kort ruk daarna, ongeveer 02:46, is ‘n tweede verdagte ook op die beeldmateriaal vasgevang waarna hy ook gearresteer is.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, was dit ‘n goeie spanpoging om die verdagtes vas te trek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button