Twee ernstig beseer na kop-aan-kop botsing in Vanderhoffpark
Twee motoriste het ernstige beserings opgedoen toe hulle vanmiddag omstreeks 12:37 in 'n kop-aan-kop botsing in Klinkenbergstraat in Vanderhoffpark betrokke was.
Twee motoriste het ernstige beserings opgedoen toe hulle vanmiddag (Maandag, 17 Julie) omstreeks 12:37 in ‘n kop-aan-kop botsing in Klinkenbergstraat in Vanderhoffpark betrokke was.
‘n Man (43), wat alleen in sy wit enkelkajuit-bakkie was, moes met reddingskake uit sy voertuig gehaal word. Hy is na Potchefstroom Hospitaal per ambulans vervoer.
Foto’s: Aldus Smith
‘n Vrou in die Volkswagen sportnutsvoertuig, wat ook in die ongeluk betrokke was, is op die toneel behandel. Sy kon sonder reddingskake uit haar voertuig gehaal word. Sy is na Potchefstroom MediClinic per ambulans vervoer.
Beide motoriste was alleen in hulle motors ten tyde van die ongeluk.
Die ongeluk het naby die Aan de Vliet-woonkompleks gebeur. Dit is nog onseker presies hoe die ongeluk plaasgevind het.
Die toneel was ook vir ‘n geruime tyd afgesper, maar is tans weer oop vir verkeer.
ER24 nooddienste, plaaslike brandweer, Mooirivier Beskerming en ander plaaslike owerhede was op die toneel.








