Local newsNewsNews

Aansoeke is oop vir Studente Joolgemeenskapsdiens-ondersteuning

Ná ’n proses van aansoeke en toekennings ken die SJGD jaarliks eenmalige ondersteuning aan gemeenskapsgebaseerde projekte, organisasies en individue toe wat vir ondersteuning aansoek gedoen het.

Die Studente Joolgemeenskapsdiens (SJGD) is ’n gemeenskapsbetrokkenheidsinisiatief van die Noordwes-Universiteit (NWU) wat op die Potchefstroomkampus gebaseer is en is die grootste studentegedrewe gemeenskapsbetrokkenheidsinisiatief in die suidelike halfrond.

Dit is ’n unieke tradisie van die NWU wat jy op min ander plekke sal aantref. Die tradisie omvat die gees van die NWU se studente: ’n verbintenis tot hulle gemeenskap en die vasberadenheid om ’n beter lewe te verseker vir diegene aan wie NWU ’n diens lewer.

’n Gedeelte van die fondse word gegenereer deur fondsinsamelingsinisiatiewe wat deur die studente gelei word en ná ’n proses van aansoeke en toekennings ken die SJGD jaarliks eenmalige ondersteuning aan gemeenskapsgebaseerde projekte, organisasies en individue toe wat vir ondersteuning aansoek gedoen het. Hierdie ondersteuning kan deur donasies gegee word wat geldelik, produk- of diensverwant van aard kan wees.

As gevolg van die beperkte hulpbronne wat vir toekenning beskikbaar is, sal nie alle aansoekers uiteindelik ondersteuning ontvang, of die volle omvang van die ondersteuning kry waarvoor hulle aanvanklik aansoek gedoen het nie. Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie ondersteuning eenmalig is en nie as ’n toekenning of soortgelyke befondsingsondersteuningstruktuur geld nie.

Gemeenskapsgebaseerde projekte, organisasies en individue word uitgenooi om aansoeke in te dien vir bogenoemde eenmalige ondersteuning wat deur die SJGD verskaf word, ooreenkomstig die inligting en proses wat beskryf word op die universiteit se webwerf, https://studies.nwu.ac.za/student-representative-council/potchefstroom-….

Alle aansoeke moet voor of op 31 Augustus 2023 ontvang word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button