Liggame nie die van vermiste Klerksdorp kollegas
Die identiteit van die slagoffers is nog nie bekend nie.
Twee onbekende mans wat wreed vermoor en in Snathing GG naby Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal ontdek is, is nie die vermiste kollegas van Klerksdorp nie.
Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê valse berigte doen die rondte dat die ligame wat gevind is, die van vermiste kollegas Christiaan van Blerk (34) en Donovan van der Walt (25) van Klerksdorp is. Dit is egter nie waar nie.
“Die twee mans wat in Pietermaritzburg gevind is, is nie die vermiste mans van Klerksdorp nie. Die liggame wat gevind is, is die van swart-mans.”
Volgens berigte blyk dit dat die mans elders vermoor is en hul liggame in die gebied gelos is.
Daar word geglo dat die slagoffers nie van die gemeenskap kom nie. Beide mans het verskriklike beserings opgedoen, veral aan die gesig en kop, wat daarop dui dat hulle met uiterste geweld vermoor is.
Owerhede moet nog amptelike verklarings oor die identiteit van die slagoffers vrystel.



