Local newsNewsNews
Baba in asblik by studentehuis gevind
Die polisie in Potchefstroom vra die publiek se hulp in hulle ondersoek nadat 'n fetus in 'n asblik in Goudstraat gekry is.
Die fetus van ‘n babaseuntjie is Vrydag in ‘n asblik by ‘n studentehuis in Goudstraat gevind.
Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê die Potchefstroom polisie ondersoek ‘n geregtelikedoodsondersoek na aanleiding van ‘n insident wat Vrydag vroeg-oggend, 17 Oktober, gerapporteer was.
“Na bewering het die huisouer van ‘n studentehuis in Goudstraat op die fetus van ‘n seuntjie afgekom, toe sy vullis wou weggooi. Die polisie ondersoek duur voort.”
Enigiemand wat die polisie kan help met hul ondersoek, kan die ondersoekbempte, Sersant Joyce Mothebe van Potchefstroom Speurtak, by 082 377 8628 skakel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



