Local newsNewsNews

Bailliepark se gate ’n gevaar vir motoriste

In die verlede was daar ’n span wat op ’n rotasiebasis woonbuurte onderhou het.

Die haglike toestand van verskeie strate in in Bailliepark, het ontaard in ’n ernstige veiligheidsrisiko vir motoriste en inwoners in die omgewing.

Volgens plaaslike inwoner Anja Franken het spesifiek die gate in Rocherstraat, die probleem só vererger dat bestuurders gereeld moet uitswaai of selfs in aankomende verkeer se baan moet ry om slaggate te vermy.

Die toestand van hierdie pad is egter nie ’n geïsoleerde geval nie. Verskeie strate in Bailliepark toon tekens van ernstige agteruitgang, met hoofroetes soos Wynne-, Strydom-, Republiek- en Richardsonstraat, asook interne strate, wat dringend herstel en herseël moet word.

DA-raadslid Anné van Onselen sê die huidige situasie is die gevolg van jarelange gebrekkige instandhouding. “In die verlede was daar ’n span wat op ’n rotasiebasis woonbuurte onderhou het deur ’n beskermende laag op paaie aan te bring. Dit het verhoed dat paaie uitdroog en kraak. Ongelukkig bestaan dié kundigheid nie meer nie, en die nodige instandhoudingswerk word eenvoudig nie meer gedoen nie,” sê sy.

Sy voeg by dat onbeheerde waterlekke ook bydra tot die vorming van slaggate. “Wanneer waterlekke nie betyds herstel word nie, verswak dit die padoppervlak en lei dit tot verdere skade.”

Van Onselen sê sy het reeds herhaaldelik versoeke aan die JB Marks munisipaliteit se paaie-afdeling gerig om aandag aan die probleem te gee, maar sonder sukses. “Dit voel asof my versoeke op dowe ore val. Daar is altyd verskonings, dan is daar nie teer nie, of daar is ander redes. Die afgelope tyd word my boodskappe nie eens erken nie.”

Sy beskryf die situasie as uiters frustrerend en gevaarlik. “Motoriste is geregtig op basiese dienslewering. Slaggate, veral wanneer dit met water gevul is ná reën, is nie altyd sigbaar nie en kan ernstige skade aan voertuie veroorsaak. Verskeie motoriste het reeds bande verloor of skade aan hul wiele opgedoen.”

Potchefstroom Herald het navraag by die JB Marks munisipaliteit gedoen, maar teen druktyd nog geen terugvoer ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button