Local newsNewsNews

Motoris jaag op bok in Potch-woonbuurt af

Daar word beweer dat die voertuig doelbewus gebruik is om die dier te immobiliseer.

’n Ontstellende voorval in die vroeë oggendure van Dinsdag, 28 April plaasgevind toe ‘n motoris glo op ‘n bok afgejaag het.

Volgens inligting wat deur Potchefstroom First Responders bevestig is, het die insident tussen ongeveer 01:00 en 02:00 in Oliver Tambostraat plaasgevind. CCTV-beeldmateriaal wat sedertdien nagegaan is, toon hoe ’n wit hatchback-voertuig ’n jong bokkie deur die strate agternasit.

Skermgreep van die betrokke voertuig

Daar word verder beweer dat die voertuig doelbewus gebruik is om die dier te immobiliseer. Daar word ook geglo dat die insittendes van die voertuig die bok van die toneel verwyder het

Bewyse wat op die toneel aangetref is, sluit onder meer sigbare hoefmerke teen ’n wit muur en bloedspatsels in, wat moontlik kan aandui dat die dier beseer is.

“Sulke optrede is nie net skokkend nie, maar ook diep ontstellend vir ons gemeenskap,” sê Leandro de Beer van Potchefstroom First Responders.

“Dit raak nie net dieremishandeling nie, maar hou ook ’n direkte risiko vir inwoners in, aangesien roekelose bestuur in woongebiede menselewens in gevaar stel.”

Potchefstroom First Responders doen ’n dringende beroep op die publiek om saam te staan. Enigiemand met inligting, CCTV-beeldmateriaal of wat moontlik die voorval gesien het, word versoek om na vore te kom en dit aan te meld.

Die gemeenskap se samewerking kan ’n sleutelrol speel om die oortreders vas te trek en soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom.

Kyk na die video van Potchefstroom First Responders hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button