Gimmies en Volkies speel vanjaar in die Noordvaalbeker in die Bowl-Wes Afdeling saam met Midstream College, Hoërskool Jeugland, Bergsig Akademie en Hoërskool Centurion.
Die groot wedstryd vir albei spanne sal ongetwyfeld die derby op 23 Mei by Volkies se velde wees. Nie net sal skoletrots op die spel wees nie, maar ook punte wat krities sal wees indien promosie vir hierdie twee skole beskore is.
Spanne het die geleentheid om na die plaat-afdeling op die skuif, maar punte word bepaal deur die uitslae van al die spanne van o14 tot eerstespan-vlak gedurende die toernooi. Dit is sodoende belangrik dat spanne op alle silinders vuur. Die eerste spanne se uitslae dra wel die meeste gewig.
Volkies het nog nie in die Virseker Noorvaalbeker deelgeneem nie en sal hul veldtog op Saterdag, 9 Mei teen Midstream College in ‘n wegwedstryd begin. Daarna sal hul na Kempton Park reis vir ‘n stryd teen Jeugland. Gimmies speel ook twee wegwedstryde teen Bergsig Akademie en Centurion, voor die groot Gimmie-Volkie-stryd.
Virseker Noordvaalbeker Bepalings
Saterdag, 9 Mei: Bergsig Akademie teen Potch Gimmies (weg)
Saterdag, 9 Mei: Midstream College teen Potch Volkies (weg)
Saterdag, 16 Mei: Jeugland teen Potch Volkies (weg)
Saterdag, 16 Mei: Centurion teen Potch Gimmies (weg)
Saterdag, 23 Mei: Potch Volkies teen Potch Gimmies (tuis)
Saterdag, 30 Mei: Potch Volkies teen Centurion (tuis)
Saterdag, 6 Junie: Potch Gimmies teen Jeugland (tuis)
Saterdag, 6 Junie: Bergsig Akademie teen Potch Volkies (weg)
Uitspeelrondes
Indien enige van die spanne kwalifiseer, is die uitspeelrondes soos volg geskeduleer:
Saterdag, 1 Augustus: Kwarteindstryde
Saterdag, 8 Augustus: Halfeindstryde
Saterdag, 15 Augustus: Eindstryd



