Local newsNewsNews

Inwoners in Rivierstraat sedert Maandag sonder krag

Inwoners is raadop oor die gebrek aan kragtoevoer in 'n gedeelte van Rivierstraat.

‘n Groep inwoners in Rivierstraat in Wyk 5 sit al sedert Maandagoggend sonder kragtoevoer weens vermoedelike kabeldiefstal.

Volgens ‘n inwoner in die wyk, Altus Snyman, het sekuriteitskameras vasgelê hoe verdagtes vroeg die oggend aan kabels knip.

In die beeldmateriaal kan gesien word hoe vonke spat terwyl die verdagtes na bewering besig is om lewendige elektriese kabels te knip. Dit het omstreeks 04:14 gebeur.

‘n Inwoner in Rivierstraat, wat verkies om anoniem te bly, is raadop oor die gebrek aan krag.

“Hoe gaan ons ons vleis koud hou sonder elektrisiteit?” het sy gesê.

DA-wyksraadslid Heinricha Hodgson sê dat die elektrisiëns eers nuwe kabels benodig het om die kragtoevoer te herstel. Tans (Vrydag, 31 Julie om 16:30) is die werk nog nie voltooi nie.

Die Herald het die JB Marks Munisipaliteit vir kommentaar genader, maar daar was teen publikasietyd nog geen terugvoer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button