Local newsNews

Inwoners plaas twee munisipale trokke buite aksie

Kolonel Adèle Myburgh noem dat sake vir voertuig kaping en opsetlike saakbeskadiging geopen is.

Ikageng inwoners het Dinsdag, 21 Mei 2024 twee trokke wat aan die munisipaliteit behoort verby die punt van herstel beskadig.

Die twee trokke, wat gebruik is om dienslewering in Ikageng te verrig, is op verskillende maniere buite-werking gestel.

Een trok is aan die brand gesteek, en die tweede trok is met sement gegooi en só buite-werking gestel.

Die trok wat aan die brand gesteek is Foto: Verskaf.

Kolonel Adèle Myburgh bevestig die gebeure. “Daar is verskeie trokke beskadig en sake vir voertuig kaping en opsetlike saakbeskadiging is by Ikageng se Polisiestasie geopen.”

Die oorsaak van die gebeure word ondersoek.

Related Articles

 
Back to top button