Local newsNews

Styl, talent en uithouvermoë by Gimmies

Gimmies het dié week op verskeie terreine soos die dansvloer, oop see en verhoog hul beste voet voorgesit.

Dit was ’n week van uitnemendheid, trots en merkwaardige prestasies vir Potchefstroom Gimnasium se leerders, met Gimmies wat weer eens bewys het dat hulle nie net in die klaskamer nie, maar ook op nasionale en selfs internasionale vlak hul stempel afdruk.

Model bring glans na die loopplank

Die kollig het helder geskyn op Brené Swanepoel wat tydens die modelbekroning by Snowflake op 11 April as Face of Potchefstroom 2026 – Miss Teen Beginner (1ste prinses) aangewys is. Hierdie besondere prestasie, behaal onder die vaandel van Modelskool JannyDjan Akademie, getuig van haar selfvertroue, deursettingsvermoë en toewyding. Sy dra met trots die Gimmie-naam uit en is ’n inspirasie vir haar medeleerders.

Brené Swanepoel het geskitter by die Face of Potchefstroom-kompetisie

Gimmies wys staal op die viswaters

Op die oop see het Gimmie-leerders hul staal gewys tydens die SADSAA Junior Game Fish Nationals wat van 30 Maart tot 3 April by Sodwana plaasgevind het. Die o.16-span, bestaande uit Conrad Wasserman (kaptein), Christian Smith en Liam Wasserman, het ’n uitstaande algehele eerste plek behaal. Individueel het Conrad eerste geëindig, Liam derde en Christian sesde. ’n Indrukwekkende vertoning van jong talent en vasberadenheid.

Die o.16-span met hul toekennings.

Die o.19-span, onder leiding van kaptein Francois Smith, het ook uitstekend gevaar en ’n algehele tweede plek ingepalm, met Francois wat gesamentlik eerste geëindig het. Hierdie prestasies spreek boekdele van die leerders se harde werk, sportmanskap en deursettingsvermoë. Eienskappe wat diep gewortel is in die Gimmie-gees.

Die o.19-span met hul toekennings.

Somé se danstalent ken geen perke

Intussen het Somé Cromhout die dansvloer oorheers by die nasionale rondte van Rising to Fame. Sy het eerste plek in Contemporary verower, asook tweede plekke in Lyrical en Jazz. ’n Uitsonderlike prestasie wat haar veelsydigheid en passie vir dans beklemtoon. As kroon op haar sukses is sy uitgenooi na die gesogte Broadway Performance Showcase Experience (BPSE), waar sy die geleentheid gehad het om saam met die wêreldbekende Ferdinand Gernandt te werk tydens die voorbereiding vir die gala-aand.

Somé Cromhout.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button