SportSport

Elsunet in Protea-groep vir Wêreldbeker

Sy is geen onbekende naam in dié land se netbalkringe nie en nou gaan die NWU-Puk se Elsunet du Plessis ook die geleentheid kry om haar unieke talente op die wêreldverhoog uit te stal.

Sy is geen onbekende naam in dié land se netbalkringe nie en nou gaan die NWU-Puk se Elsunet du Plessis ook die geleentheid kry om haar unieke talente op die wêreldverhoog uit te stal.

Du Plessis het Saterdagoggend gehoor sy is ingesluit in die Protea-groep wat van 7 tot 16 Augustus in Sydney, Australië aan die INF Netbal Wêreldbeker gaan deelneem.

Sy het aanvanklik verneem sy is as reserwe gekies, maar die Proteas se Aussie-afrigter, Norma Plummer, het haar Saterdagmiddag gekontak om te laat weet dat sy as lid van die kernspan gekies is. Hierdie toernooi word sedert 1963 aangebied en is die eerste keer deur Australië gewen toe Engeland die gasheer gespeel het.

Australië het nie minder nie as tien keer al koning gekraai en is ook die heersende kampioen. Nieu-Seeland eindig meer male as minder tweede terwyl Suid-Afrika in 1995 naaswenners was. In 1967 het Suid-Afrika derde geëindig. “Ek is ongelooflik bly vir Elsunet, sy verdien dit voorwaar. Sy was vir baie lank een van die NWU-Puk se steunpilare en het ons tot baie suksesse gehelp. Ek is oortuig daarvan dat sy die geleentheid met albei hande gaan aangryp,” het Heléne Botha, vrouesportbestuurder by die NWU-Puk, gesê.

In ander netbalnuus het die NWU-Puk verlede week in Johannesburg, nes verlede jaar, met brons by die USSA’s weggestap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button