Ferdies se seuns en dogters blink uit op hokkievelde
Ferdinand Postma Hoërskool het hierdie jaar ‘n ongelooflike suksesvolle sportseisoen in vele skoolsporsoorte beleef. Dit was veral op hokkiegebied waar hierdie skool se sportseuns en -dogters hulle hande opgesteek het. Albei eerstespanne het die Monsantoliga vir kleinskole verower en sodoende hulle name in Ferdies se rekordboeke geplaas. Die Monsanto hokkiereeks bestaan uit vyf skole: Orkney, …
Ferdinand Postma Hoërskool het hierdie jaar ‘n ongelooflike suksesvolle sportseisoen in vele skoolsporsoorte beleef. Dit was veral op hokkiegebied waar hierdie skool se sportseuns en -dogters hulle hande opgesteek het.
Albei eerstespanne het die Monsantoliga vir kleinskole verower en sodoende hulle name in Ferdies se rekordboeke geplaas. Die Monsanto hokkiereeks bestaan uit vyf skole: Orkney, Stella, Bloemhof, Sannieshof en Ferdinand Postma Hoërskool.
Ferdies het vier spanne in die reeks gehad: Die seuns eerstespan, dogters eerstespan, dogters o.16 en dogters o.14 spanne. Al Ferdies se spanne het puik presteer. Die eerstespan dogters het vir Orkney met 1-0 en ook vir Stella met 11-0 gewen.

Hiermee het hul die eerste plek in die senior dogters-afdeling behaal.Die eerstespan seuns het Orkney 10-1 in die finaal gewen en het dus eerste in die seunsafdeling geëindig.Die dogters o.16 span het vir Stella 1-0 in die finaal geklop en was die wenners van die junior dogtersafdeling.
Ferdies se dogters o.14 span wat in die o.16 liga deelgeneem het, het Orkney met 5-0 gewen. Hiermee het hul ‘n derde plek behaal.Ferdies het vroeër die jaar afgeskop met hul oorwinning in die Kleinskole Interhoër Atletiek. Dit was die eerste keer in 11 jaar wat Ferdies hierdie liga gewen het.



