SportSport

Jong swemmer hou aan presteer

Een van Potchefstroom se beste jong swemmers, Eliz-Maric Cronjé, het weer haar talent in die swembad bewys. By die 4+1 interprovinsiale gala wat op 30 Januarie by die Karen Muir swembad in Kimberley gehou is, het sy vyf medaljes verower en een rekord gebreek. Sy het goud in die 50m rugslag (Noordwes-rekord), 200m vryslag, 200m …

Een van Potchefstroom se beste jong swemmers, Eliz-Maric Cronjé, het weer haar talent in die swembad bewys.

By die 4+1 interprovinsiale gala wat op 30 Januarie by die Karen Muir swembad in Kimberley gehou is, het sy vyf medaljes verower en een rekord gebreek.

Sy het goud in die 50m rugslag (Noordwes-rekord), 200m vryslag, 200m borsslag, 200m wisselslag en brons in die 50m vryslag vir 16-18 jaar verwerf.

Buiten dié uitsonderlike prestasie het sy einde verlede jaar ook presteer.

Sy het met ’n klomp uitstaande vertonings by die SA Skolekampioenskappe in Hillcrest in Pretoria tussen 11-15 Desember op nasionale vlak naam gemaak.

Sy het 2de in die 50m rugslag, derde in die 200m  individuele wisselslag en vierde in die 100m rugslag geëindig. Terwyl sy slegs sewende in die 50m kruipslag geëindig het, kon sy steeds ’n nuwe Noordwes rekord vir meisies o.17 opstel. Cronjé, wat in Potchefstroom Gimnasium is, het ook verlede jaar die NWU Pukke/Herald se toekennings vir beste senior dogterswemmer gewen.

Cronjé oefen tans hard vir die SA’s wat in April plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button