SportSport

Nog ‘n kampioenskap in die sak vir Pierre Breitenbach

Pierre Breitenbach van die Potchefstroom Rolbalklub het Saterdag die Noordwes Rolbal mans enkelspelkampioenskap gewen toe hy in die finaal met 21-13 teen sy klubmaat, Gerrit J van Rensburg, gewen het. Van Rensburg het aanvanklik goed vertoon maar Breitenbach het in die laaste paar koppe getoon waarom hy weer in die Protea-span ingesluit is. Die vroue …

Pierre Breitenbach van die Potchefstroom Rolbalklub het Saterdag die Noordwes Rolbal mans enkelspelkampioenskap gewen toe hy in die finaal met 21-13 teen sy klubmaat, Gerrit J van Rensburg, gewen het. Van Rensburg het aanvanklik goed vertoon maar Breitenbach het in die laaste paar koppe getoon waarom hy weer in die Protea-span ingesluit is.

Die vroue enkelspel is deur Helen Jansen van Strathvaal gewen.  Sy het Jillian Booth van Klerksdorp met 21-12 geklop.

Pierre Breitenbach in aksie
Pierre Breitenbach.

*Noordwes Rolbal het spelers genooi vir die proefwedstryde om die Noordwes provinsiale en meesters spanne saam te stel. Die spelers van die stad se klubs is:

Meesters: Jean en Rose du Plessis, Ronnie en Brenda Palmer, Helet Erwee en Mienie Swart van Potchefstroom Rolbalklub, Cathy Stewart, Helena Koekemoer en Jackie Scheepers van die Buiteklub. Provinsiale span: Pikkie Abbott, Piet, Corrie en Pierre Breitenbach en Elly van Dijk van die Potchefstroom Rolbalklub en die volgende spelers van die Buiteklub (PCC) Jabu Nkosi, Michael en Chris de Witt, Meshack Kali en Ian Nieuwoudt.  Sega Mokoto van Weermag se rolbalklub is ook genooi.

*Die Buiteklub se mans parekampioenskap vind Vrydag en Saterdag plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button