So naby en tog so ver vir Drake in Afrika T20-beker
So naby en tog so ver: dit is die verhaal van die Noordwes Drake in die halfeindwedstryd van die Afrika T20-kompetisie wat in Oudtshoorn gespeel is. Die Drake het eerste gekolf en het na 20 boulbeurte ‘n stewige 181/6 op die telbord teen ‘n kolftempo van 9.05 lopies per boulbeurt. Rassie van der Dussen (85) …
So naby en tog so ver: dit is die verhaal van die Noordwes Drake in die halfeindwedstryd van die Afrika T20-kompetisie wat in Oudtshoorn gespeel is. Die Drake het eerste gekolf en het na 20 boulbeurte ‘n stewige 181/6 op die telbord teen ‘n kolftempo van 9.05 lopies per boulbeurt.
Rassie van der Dussen (85) en Wihan Lubbe (54) was die ankers van die beurt. Noord-Kaap kom kolf en, wonder bo wonder, na 20 boulbeurte staan hulle op 181/6, teen 9.05 lopies per boulbeurt: ‘n perfekte gelykop uitslag.
Oud-Klerksdorper Werner Coetsee het die kolfbeurt van Noord-Kaap puik beheer en was teen die einde onoorwonne op 43. Die reëls vir die kompetisie maak voorsiening vir ‘n enkele uitklop boulbeurt en Noord-Kaap het die gewen na hulle ‘n bykans ongelooflike 22 lopies in hulle beurt aangeteken het.
Hulle is in die eindstryd deur die Oostelike Provinsie verslaan.
*Die Drake speel van vandag af op Senwes Park teen KZN in die KSA Driedagreeks met ‘n eendagwedstryd op Sondag.



