SportSport

Gimmies weer die gunsteling by Interhoër

Atletiekliefhebbers se monde sal hierdie Saterdag water wanneer Potchefstroom skole se groot Interhoër-byeenkoms by die Puk McArthur-stadion gaan plaasvind. Atlete van Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool Potchefstroom, Potchefstroom Girls High, Potchefstroom Boys High en Hoërskool Lichtenburg gaan aan hierdie spogbyeenkoms, wat Girls High aanbied, deelneem. Hier is waar atlete dit maak of breek op die roesrooi …

Atletiekliefhebbers se monde sal hierdie Saterdag water wanneer Potchefstroom skole se groot Interhoër-byeenkoms by die Puk McArthur-stadion gaan plaasvind.

Atlete van Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool Potchefstroom, Potchefstroom Girls High, Potchefstroom Boys High en Hoërskool Lichtenburg gaan aan hierdie spogbyeenkoms, wat Girls High aanbied, deelneem.

Hier is waar atlete dit maak of breek op die roesrooi tartanbaan of op die grasgroen velde van die historiese atletiekstadion.

IMG_5710

Potchefstroom Gimnasium is natuurlik weer uit die staanspoor die gunsteling en die ander skole gaan alles moet insit om te keer dat Gimmies vir die 25ste keer sedert 1991 die beker vat. Dit sal ook dan die elfde keer agtereenvolgend wees as Gimmies Saterdag kan skoonskip maak.

Gimmies atlete om dop te hou sal Karmen Fouché wees wat die SA o.13 kampioen in hoogspring was en ook ‘n kranige baanatleet is. Sy het verlede naweek 1.65 meter gespring en sal goud in haar eerste interhoër wil verower. Verder is Jaco Schoeman en Maritz Pieters ook kookwater in die seuns o.19 100- en 200 meter items. Almero Niemann (o.15) in die werpskyf is ook iemand om dop te hou.

Volkies se trots sal waarskynlik weer by Robbie de Villiers (800 meter en 1500 meter o.17) sowel as Marionique Wentzel, die uitstekende hoogspringatleet (dogters o.17) lê. Cara du Preez (o.16) sal ook in die langafstande haar skool wil trots maak.

Potchefstroom Boys High se kranige hekkiesatleet, Paballo Maimane en langafstand atleet, Gomolemo Mmusi, gaan ook ‘n verskil op die baan wil maak.

Natuurlik sal ‘n interhoër nie dieselfde wees sonder ‘n optog en kleurryke geesvangaktiwiteite nie. Dit is altyd ‘n plesier vir die oog en die oor om hierdie vermaaklikheid op die hoofpawiljoen te aanskou.

Die optog begin om 07:00, met die atletiek wat om 08:15 voortgaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button