Jong swemmers kan weer uitsien na Lolliepop Gala
Na ‘n suksessvolle Lolliepop Gala in 2016, het Potchefstroom Swemklub besluit om weer hierdie gala te organiseer. Dit is spesifiek gerig op die ontwikkelende jong swemmers vanaf 4- tot 10 jaar. Hierdie gala is slegs vir Vlak 1 swemmers, so as jy dus reeds ‘n Vlak 2 kwalifiserende tyd die seisoen geswem het, kan jy …

Na ‘n suksessvolle Lolliepop Gala in 2016, het Potchefstroom Swemklub besluit om weer hierdie gala te organiseer.
Dit is spesifiek gerig op die ontwikkelende jong swemmers vanaf 4- tot 10 jaar. Hierdie gala is slegs vir Vlak 1 swemmers, so as jy dus reeds ‘n Vlak 2 kwalifiserende tyd die seisoen geswem het, kan jy ongelukkig nie deelneem nie. Die doel van die gala is om swem as sport bekend te stel aan jong swemmers sonder die druk van prestasie. Dit is dus ‘n gala vol pret en plesier.
Items vir 4- tot 6-jariges sluit die volgende in: bordjie skop; noedel- resies en hondjie swem. Items vir 6- 10-jariges is die volgende: 25m vryslag, 25m rugslag en 25m borsslag. Elke deelnemende swemmer ontvang ‘n medalje en natuurlik ook ’n lolliepop. Lewensredders sal in die swembad wees om te sorg dat al die swemmers veilig is.
Dié pret-gala vind plaas op 29 Maart om 14:15 in die swembad van Potchefstroom Central School. Inskrywings word aanlyn gedoen en betaling van registrasiefooie gaan elektronies geskied. Inskrywings- fooie beloop R10, plus R 30 per item. SMS “send link” na 083 780 4197 of e-pos elmaorton@mweb.co.za om die aanlyn skakel te ontvang. Die sluitingsdatum vir registrasies is 24 Maart om 17:00.



