SportSport

Sestig jaar maak nie regtig ‘n verskil

Die Rolbal-afdeling van die Potchefstroom Buiteklub (PCC) se mans enkelspelkampioenskap is verlede week afgehandel. Die finaliste Nico Kemp is 84 en Meschack Kali 24. Ouderdom weerhou niemand van kompeterende rolbal nie. Dit het die jong Meschack 26 koppe geneem voor hy oom Nico tot oorgawe gedwing het. Kali het met die oorwinning die reg gekry …

Die Rolbal-afdeling van die Potchefstroom Buiteklub (PCC) se mans enkelspelkampioenskap is verlede week afgehandel. Die finaliste Nico Kemp is 84 en Meschack Kali 24. Ouderdom weerhou niemand van kompeterende rolbal nie.

Dit het die jong Meschack 26 koppe geneem voor hy oom Nico tot oorgawe gedwing het.

Kali het met die oorwinning die reg gekry om aan Noordwes Rolbal se Kampioen van Kampioene-toernooi, waar al die klubkampioene van die provinsie teen mekaar deelneem, deel te neem.

Kali en sy gereelde junior spanmaats, Jabu Nkosi en Chris de Witt is genooi om deel te word van Rolbal SA se Talentidentifiseringsprogram, wat deur Proteaspeler, Rudi Jacobs van Parys hanteer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button