SportSport

Volkie atleet skitter in Wêreldkampioenskappe en dring deur na finaal

Potchefstromers kan gerus moremiddag (16 Julie) om 16:10 hulle tv’s na kanaal Supersport 9 (209) verander om hul oë op Volkskool se Robert de Villiers te hou. Hierdie uitstekende atleet neem aan die finaal van die 2000-meter hindernis deel by die gesogte o.18 Wêreldkampioenskappe op daardie tydstip in Nairobi, Kenia en kan heel moontlik ‘n …

Potchefstromers kan gerus moremiddag (16 Julie) om 16:10 hulle tv’s na kanaal Supersport 9 (209) verander om hul oë op Volkskool se Robert de Villiers te hou.

Hierdie uitstekende atleet neem aan die finaal van die 2000-meter hindernis deel by die gesogte o.18 Wêreldkampioenskappe op daardie tydstip in Nairobi, Kenia en kan heel moontlik ‘n medalje huis toe bring.

De Villers het gisteroggend ‘n tyd van 05:59.92 opgestel om sesde plek in die tweede uitdun te behaal. Sodoende het hy as een van vinnigste atlete gekwalifiseer vir die finaal.

Die groot gunstelinge is natuurlik die jong atlete van Oos-Afrika soos Leonard Kipkemoi van Kenia en Girma Diriba van Ethiopië, maar De Villiers kan met reg teen hierdie atlete kompeteer waar enige iets op die dag kan gebeur.

Om vir die finaal te kwalifiseer is alreeds ‘n groot prestasie en die kanse is goed dat De Villiers sy dorp Sondag nog trotser kan maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button