
Vier spanne van die NWU-Kanoklub het vanaf 17-19 Mei by die Arnold Classic Africa Multisport Event aan kanopolo gaan deelneem en uitnemende prestasies behaal.

Aangesien die eksamen so naby was, was die spanne bietjie uitgedun, maar kon steeds daarin slaag om 2de, 7de en 8ste plekke los te speel.
Die NWU se damesspan het op 17 Mei aan die afdeling vir onervare spelers deelgeneem (slegs een dame in die span het al vantevore ‘n wedstryd gespeel) en daarin geslaag om ’n derde plek in hul afdeling te behaal.
Vir party was die hoogtepunt toe Arnold Schwarzenegger self ‘n draai by die kanopolo kom maak het en saam met lede van die NWU-spanne vir foto’s poseer het.
Uitslae:
NWU Senior-A – 2de
NWU-B – 8ste
NWU-C – 7de



