SportSport

Olënpark weer die tuiste van Luiperdsrugby dié naweek

Saterdag gaan daar 'n verwelkomingspartytjie wees wanneer die Luiperds o.21's teen die Sharks o.21's te staan kom.

Saterdag, 22 Junie 2019, gaan ‘n geskiedkundige dag vir die historiese Olënpark wees, wanneer sy grasgroen-velde en kenmerklike “hoenderstelasie pawiljoen” weer na ‘n jaar se “verlof” in gebruik geneem gaan word.

Die  Luiperds kon vir ‘n jaar nie die veld kon gebruik het nie en hulle wedstryde op die Fanie du Toit Sportgronde en elders in die Noordwes-kontrei moes speel. Volgens die Luiperds president, Mervyn Taylor, is daar nou ‘n nuwe kontrak met die JB Marks Munisipaliteit geteken om oudergewoonte op Olënpark te kan speel. Die Luiperds op Olënpark klink mos net reg – en vir baie ondersteuners en oud-spelers was daar ‘n gevoel van blydskap oor dié nuwe ooreenkoms.

Die Luiperds o.21-span onder leiding van Hannes Esterhuizen,  gaan nou hierdie veld vir die eerste keer in ‘n jaar teen die Sharks o.21-span betree. Dit is ‘n belangrike wedstryd vir Esterhuizen-hulle wat ‘n goeie kans staan om ‘n paar spanne op hulle neuse in die SA o.21 kampioenskap te laat kyk.

Die Luiperds se groep het ervare spelers wat die agtsteman, André Fouché, skrumskakel, Sylvester Hassien, en agterspelers, Keagan Tait, Pienaar van Niekerk en Lincoln Daniels, insluit. Al hierdie spelers behoort met hulle Luiperds en NWU-Varsitybeker evaring, ‘n ding of twee vir die Durbaniete te wys.

Luiperds o.21: 

  1. Rehann Baumann.
  2. Fanie Mare (kaptein)
  3. Ruben du Plessis
  4. Wihan Nel
  5. Ruben Dreyer
  6. KG Woodbridge
  7. Jandré de Beer
  8. André Fouché
  9. Sylvester Hassien
  10. André van der Bergh
  11. Hloks Nyelele
  12. Reinhardt Jordaan
  13. Lincoln Daniels
  14. Pienaar van Niekerk
  15. Keagan Tait

Plaasvervangers

  1. Gustav du Randt
  2. Ebrahiem Davids
  3. Francois Spies
  4. Chris Vermaak
  5. Bernu Engelbrecht
  6. Heinrich Botha
  7. Siya Khoza

Sharks o.21:

  1. James Scott
  2. Cullen van der Merwe
  3. Francois Klopper
  4. Marcell Barnard
  5. Jeandre Labushagne
  6. Adam Mountfort (Kaptein)
  7. Evan Roos
  8. Jacques Ackerman
  9. Xavier Swartbooi
  10. Murray Koster
  11. Henk Cilliers
  12. Le Roux Malan
  13. Donald Falconer
  14. Sicelo Tole
  15. Henry Chamberlain

Plaasvervangers

  1. Donovan Grant
  2. Sean Barnes
  3. Cleopas Kundiona
  4. Lunga Ncube
  5. Vian Fourie
  6. James Bruce
  7. Hillegard du Plessis

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button