SportSport

Luiperds en Valke sê mekaar die stryd aan op Olënpark dié Saterdag

Een van die Luiperds se sterkpunte is in hulle losvoorspelers gesetel.

Die Luiperds sal komende Saterdag teen die Valke hulle beste spel van die seisoen moet lewer as hulle die manne van die Oos-Rand wil klop. Dit is weer ‘n roofvoël as opponent en hierdie keer sal die Luiperds van vroeg moet begin vere pluk.
Een van die Luiperds se sterkpunte is in hulle losvoorspelers gesetel. Wandi Mazibuko, Edmund Rheeder en Chaney Willemse sal op alle silinders moet vuur om vir die Luiperds ‘n wen deur te trek. Die Valke se sterkpunte lê in hulle verspreidingskanaal met Anrich Richter (skrumskakel) en Errol Jaggers (losskakel) wat al ‘n geruime tyd saam speel en ervare manne soos Grant Janke (senter) die kans gee om gate in die verdediging te kan hardloop.
Op die punteleer is die Luiperds tans in die sesde plek, met die Valke wat ‘n derde plek na ‘n gelykopuitslag en oorwinning beklee.
Buiten hierdie hoofwedstryde gaan die Luiperds o.21 teen die Blou Bulle o.21 sowel as die Luiperds vroue teen die Leeus vroue mekaar op Olënpark aandurf.
Wedstrydtye op Olënpark (Saterdag, 20 Julie)
Luiperds Vroue vs Lions Women – 11:30
Luiperds o.21 teen Blue Bulls o.21 – 13:00
Luiperds teen Valke – 15:00

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button