SportSport

Volkies en Gimmies begin seisoen met mening

Paaltjies het met reëlmaat geval en dit was slegs Jansen van Vuuren met ‘n briljante 60 wat gelyk het of hy die oorhand het.

Beide Hoër Volkskool Potchefstroom en Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspanne het die afgelope naweek die NW-liga met oorwinnings begin. Volkies het vir Hoërskool Rustenburg met vier paaltjies geklop terwyl Gimmies vir KHS met 2 paaltjies verower het.

Vir Gimmies was Tiaan Brandt en Martin Landman die top boulers met elkeen wat drie paaltjies neem. Franco Boshoff is ook in ‘n verwoestende bui en teken 140 aan.

Franco Boshoff

Volkies se eerstes het gedink dat hulle die wedstryd maklik teen RHS sou wen toe die besoekers vir slegs 153, danksy Jannie Claassens en Stephan Fourie uitgeboul is. Niël Jansen van Vuuren en Christiaan Bester het baie goed begin en die eerste paaltjie het eers op 57 geval toe Bester uit is.

Jannie Claassens

Paaltjies het met reëlmaat geval en dit was slegs Jansen van Vuuren met ‘n briljante 60 wat gelyk het of hy die oorhand het. Jaco Viljoen en Luhard Janse van Rensburg het die wa deur die drif getrek en die wenlopies geslaan met nog 4 paaltjies staande.

Volkies se o.15A-span speel dié naweek tuis teen KHS, terwyl die o.19A-span weg teen KHS speel. Gimmies se o.15A-span speel ook tuis teen Hoërskool Lichtenburg. Gimmies se eerstes speel weg teen dieselfde skool. Al dié wedstryde begin om 09:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button