
Die tweede Atletiek Sentraal Noordwes (ACNW) Ope atletiekbyeenkoms op Dinsdag, 10 November met Wayde van Niekerk as die groot trekpleister, was te midde van donderstorms steeds ‘n skouspel.
Van Niekerk het hierdie keer op die NWU McArthur-stadion in die 60m en 150m deelgeneem, maar weens die weer kon hy net aan die 60m-item deelneem. Van Niekerk het in ‘n blitsige wedloop die NWU se Pieter Conradie en Theodor Young in ‘n tyd van 6.60 geklop.
Die byeenkoms is in die aand afgelas weens swaar weer.
Kyk die foto’s hier:
Kyk die uitslae hier:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!





















