SportSport

Gewigstootglorie is vir Gimmie beskore

"My doel is om haar volgende jaar in ‘n top atleet te omskep wat nog verder gooi en meer medaljes bereik. Dit is iets waaroor ons altwee opgewonde is,”

Glorie is vir die jong gewigstoot en diskus-atleet van Potchefstroom Gimnasium, Jamoré Olivier (14), bestem. Haar prestasies die afgelope seisoen was niks meer as merkwaardig nie, waar sy keer op keer die teenstanders in haar eie ouderdomsgroep met ‘n meter of twee geklop het.

Olivier het al in vorige jare as jong atleet by Laerskool Mooirivier naam gemaak, maar in 2021 het sy besluit om nog meer as voorheen te bereik. Sy het toe saam haar nuwe afrigter, Richardo Ellis, besluit om by die SA kampioenskappe in die Paarl aan die o.16 ouderdomsgroep deel te neem.

Jamoré Olivier en haar afrigter, Richardo Ellis het groot planne vir haar atletiekloopbaan. Foto: Wouter Pienaar

Die 14-jarige Olivier het haar afrigter se vertroue in haar met ‘n bronsmedalje vergoed en die stempel op ‘n puik atletiekseisoen afgedruk. Sy het ‘n gooi in die gewigstoot-item van 14.78 meter brons behaal en so ook haar persoonlike beste afstand in ‘n kompetisie opgestel.

Sy het wel al ‘n indrukwekkende 15.40 meter tydens ‘n oefening gegooi en sal in die toekoms meer in daar 15 meter merk wil boer. “Ek het besef dat ek alles wil gee hierdie seisoen en met die SA’s was ek bly dat ek die bronsmedalje kon kry. Ek het ‘n groot liefde vir die sport en wil graag gebruik wat die Here vir my gee,” vertel Olivier. Haar doelwitte vir die toekoms is om die SA kampioenskappe te wen en ook die SA rekord te breek, maar vir eers gaan sy die res van April rus.

“In Mei gaan ons met die harde winterprogram begin om haar gereed te kry vir die volgende atletiekseisoen. Ek het haar met haar tegnieke gehelp en wil graag haar sterker en fikser maak. In Junie gaan ons met werk in die gym ook begin aangesien sy nou al op die regte ouderdom is daarvoor,” vertel Ellis.

“Ek moet ook dankie sê vir die werk wat haar vorige afrigter, Theuns Naudé gedoen het. My doel is om haar volgende jaar in ‘n top atleet te omskep wat nog verder gooi en meer medaljes bereik. Dit is iets waaroor ons altwee opgewonde is,” noem Ellis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button