
Die jaarlikse soektog na die enkelspelkampioene van Noordwes Rolbal begin vir die vroue op 22 Mei by verskeie klubs in die provinsie wanneer die spelers mekaar in seksies pak.
Die mans se stryd in die seksies begin die dag daarna (23 Mei) ook by verskeie klubs in die provinsie. 52 vroue het ingeskryf, wat bestaan uit 14 van die Potchefstroom Buiteklub (PCC), 11 van Klerksdorp, 10 van Parys, sewe van Potchefstroom Dorp, drie van La Farge, Zeerust en Fochville en Mahikeng twee elk en een speler elk van Orkney en Mahikeng.
Die seksiewenners pak mekaar op 5 Junie, met die eindstryd om 11:00 op 6 Junie by ‘n klub wat aangekondig sal word. Klerksdorp Rolbalklub het ‘n rekord van 29 inskrywings in die manskompetisie, PCC het tien, Mahikeng nege, Parys en La Farge agt elk, Orkney en Fochville vyf elk, Zeerust vier en Ventersdorp en Sannieshof een elk.
Die sessie-wenners pak mekaar op 5 Junie, met die finaal om 11:00 op 6 Junie by ‘n klub wat aangekondig sal word.




