SportSport

Kampioene van die rolbalbaan hierdie naweek gekroon

Die mans en vroue veterane sal by die Potchefstroom Rolbalklub slaags raak, terwyl die mans en vroue ope-kampioenskap by die Potchefstroom Buiteklub, (PCC) plaasvind.

Noordwes Rolbal se ope en veterane spelers meet hierdie naweek kragte om die vier kampioene te kroon.
Die mans en vroue veterane sal by die Potchefstroom Rolbalklub slaags raak, terwyl die mans en vroue ope-kampioenskap by die Potchefstroom Buiteklub, (PCC) plaasvind. By beide kampioenskappe sal daar 12 spelers in twee seksies sake uitspook.
Die deelnemers aan die veterane-afdeling is: Vroue: Seksie 1: Jillian Booth (Klerksdorp), Magdel O’Donoghue (Parys), Corrie Breitenbach (Potch Dorp), Alida Roussouw (Fochville), Marie Uys (Parys) en Moira Hill (Zeerust). Seksie 2: Amanda Bester (Parys), Bettie Beare en Janine Harvet (Klerksdorp), Lazuya Serfontein (Parys), Rhonda Kallis (Potch Dorp) en Maria Veenstra (La Farge).
Die mans veterane is:
Seksie 1: Gene Hill (Zeerust), Alan Kirkland (Klerksdorp), Trevor Wright (Parys), Abrie Schutte (Fochville), Schalk van der Merwe (La Farge) en Deon Vermeulen (Parys).
Die volgende spelers ding mee in die ope-kampioenskap:
Seksie 1: Errol Booth, Piet Croucamp en Colin de Jager (Klerksdorp), Jaco Nel en Chris Wentzel (Parys) en Thinus van Zyl (PCC). Seksie 2: Tinus Crous en Morne Kretschmer (Klerksdorp), Theuns Botha (PCC), Ian Niewoudt (Potch Dorp) en Johan van der Merwe (Sannieshof).
Die vroue ope deelnemers is: Seksie 1: Burnadine Muller (Ork-ney), Rene de Jager (Klerksdorp), Lizandri Hildebrandt (PCC), Anina Neethling (Klerksdorp), Natasha Kallis (Potch Dorp) en Chantelle Hildebrandt (PCC). Seksie 2: Sega Mokoto, Baybee Mojanaga en Serlina Venter (Potch Dorp), Browen de Kock en Leatitia Wolvaard (PCC) en Dalene Peens (Klerksdorp). Die finale in die kampioenskappe sal Sondag plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button