SportSport

Baillies se skuts in die kol met pyl en boog by SA kampioenskappe

Gerhard Maritz het deel gevorm van die Noordwesspan vir juniors, bekend as die Penkoppe.

Drie van Laerskool Baillie Park se boogskietskuts het hulle uitstekend van hul taak gekwyt by die AGA-SA kampioenskappe in die Paarl.

Al het Baillies in April vanjaar met boogskiet eers begin, het van die leerders vroeg bewys dat hul ‘n talent vir hierdie sport het.

Baillies se skuts het die leer geklim en gewys hulle wil die hoogste sport bereik.

Gerhard Maritz is ‘n puik skut wat ‘n goue medalje saam met die Noordwesspan behaal het.

Gerhard Maritz het deel gevorm van die Noordwesspan vir juniors, bekend as die Penkoppe. Die Penkoppe het ‘n eerste plek as provinsiale span behaal. Gerhard het huis toe gekom met ‘n goue medalje vir die provinsiale wenspan.

Gerhard Maritz, Bendre Hendrikse en David Knoetze is drie Baillies wat met pyl en boog skitter. Foto: Verskaf.

Baillies se ander twee skuts het as individue die skool verteenwoordig. Bendré Hendrikse stap met ‘n silwer medalje weg vir sy tweede plek as Graad 6 seun in die land die Bullseye-kompetisie.

David Knoetze behaal ‘n derde plek vir Graad 4 seuns in die Bullseye-kompetisie en neem met hierdie prestasie ‘n brons medalje huis toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button