SportSport

Burger brei nou Varsitybeker span

Die NWU het Maandagmiddag (7 November) die nuwe hoofafrigter van die universiteit se Varsitybeker span aangekondig. 

Die NWU het Maandagmiddag (7 November) die nuwe hoofafrigter van die universiteit se Varsitybeker span aangekondig.

Hulle het nie ver gaan soek om André Pretorius se opvolger te vind nie. Die hoog suksesvolle NWU 1 afrigter, Burger van der Westhuizen, is die kans gebied om die NWU na Varsitybeker sukses te vat.

Die beskeie Van der Westhuizen ( 56) het die afgelope paar jaar ongelooflike sukses met die NWU 1 span behaal. Alhoewel die Varsitybeker ‘n heel ander ‘monster’ is verdien hy die geleentheid op die spreekwoordelike groot verhoog.

Hy is al sedert 1994 as afrigter by die NWU betrokke. Dié oud-Gimmie en Baillie het in sy speeldae op senter en losskakel uitgedraf. Hy het lank vir die NWU gespeel.

“My ‘claim to fame’ is dat ek een wedstryd vir die Wes-Transvaal van die bank af gespeel het,” het hy aan die Herald in ‘n vorige onderhoud vertel.

Burger verstaan nie net die fyner besonderhede van die spel nie, maar het ‘n baie goeie gevoel vir verhoudings bou. Sy manier om die beste uit die afrigtingspan en sy spelers te kry is deel van sy wen resep. Chak Willemse en Jean Tiedt gaan onderskeidelik as voorspeler en verdedigingsafrigter by dié span aanbly.

Vir iemand vir wie die groot droom nooit afrigting was nie, is hy nou op dreef om vir homself naam as afrigter te maak.

 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/109098/rugby-is-soos-die-lewe/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button