Gimmies opgewonde oor begin van nuwe hoofstuk
Die Potchefstromers sal opgewonde wees om hulle nuwe hoofstuk onder leiding van hulle nuwe Direkteur van Rugby, Regardt Kleingeld, te begin.
Gimmies skop komende naweek hulle NWU reeks veldtog tuis teen Wagpos af. Die Potchefstromers sal opgewonde wees om hulle nuwe hoofstuk onder leiding van hulle nuwe Direkteur van Rugby, Regardt Kleingeld, te begin. Volgens Kleingeld, is daar ‘n goeie kombinasie van ervare matrieks en jong gr.11 spelers in die 1ste XV. “Ons voor seisoen was goed en ek is tevrede met die hele skool se oefenwedstryde wat ons onlangs teen KHS gespeel het. Daar is nog ‘n paar atlete wat nie beskikbaar is nie. Maar dit gee die volgende ou ‘n geleentheid. Ons het ‘n 0/15C span ook so die junior strukture lyk goed, elke rugby speler is belangrik in ons sisteem,” het Kleingeld gesê. Volgens hom is dit maar op die oueinde die span wat sy geleenthede die beste gebruik. “Maar ek is opgewonde,” het hy gesê. Wagpos sal dinge wil regstel na hulle openingswedstryd teen Die Anker, waar hulle 69 – 7 verloor het. Albei spanne gaan in om ‘n punt te bewys wat altyd vir ‘n goeie opwindende wedstryd sal sorg



