SportSport

Volkies is Schools SA20 Noordwes-kampioene

Volkies se krieket kook vanjaar met nog 'n titel in die trofeekabinet.

Die titels hou aan instroom vir Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspan nadat hulle vandag ook die Schools SA20-Noordwestitel gewen het met ’n oorwinning van 58 lopies teen Wesvalia in Klerksdorp.

As besoekers het Volkies vinnig seker gemaak dat hulle die tuisspan onder druk plaas. Riekert Kruger se 39 (24 balle) het sy span gehelp om ’n totaal van 156/6 in 20 boulbeurte op te stel. Juan van Niekerk (31 van 23 balle) en Sihle Duma (29 van 24 balle) het ook goeie bydraes met die kolf gelewer.

Volkies se boulers was op die dag te goed en het Wesvalia tot 98/7 in hul 20 boulbeurte beperk.

Janu de Beer het met sy draaiballe 2/27 geneem. Wesvalia se Jason Tarr het 38* van 49 balle geslaan, terwyl sy spanmaats om hom gestruikel het.

Met hierdie oorwinning sal Volkies in Januarie na Fase 2 deurdring, waar hulle teen die beste skole van die Vrystaat en Noord-Kaap in die Sentrale Streek sal meeding.

Pieter Wiid, Mighael de Beer,Wynand Schmitt en Cobus Crowther vier nog ‘n titel as Noordweskampioene. Foto: Verskaf

Die wenner van dié fase sal saam met die ander streekwenners aan Fase 3, die top ses, deelneem om die nasionale Schools SA20-titel in Maart 2027 te beslis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button