Kopers gewaarsku om strokies na te gaan.

Na onlangse voorvalle by verskeie winkels in Potchefstroom word kopers aangeraai om hul betaalstrokies na te gaan voordat hulle dit weggooi.

Na onlangse voorvalle by verskeie winkels in Potchefstroom word kopers aangeraai om hul betaalstrokies na te gaan voordat hulle dit weggooi.

Bejaarde Potchefstromers, wat gevra het om anoniem te bly, het verduidelik dat items wat hulle nie gekoop het, nie deur kassiere by hul rekening gevoeg is. Hulle het besef dat hul totaal op die kwitansie meer was as wat hulle verwag het, en dat sommige items wat op die kwitansie gelys is nie op hul inkopielys was nie.

Tydens nog ’n voorval was items wat hulle gekoop het nie in hul inkopiesakke nie. Hulle het besluit om ondersoek in te stel waarna hulle besef het dat dit nie ‘n fout kon wees nie, maar dit doelbewus gedoen is. “Ek dink hulle het ons geteiken omdat ons oud is en dit nie sal sien nie,” het anoniem gesê. Hulle het teruggegaan na die winkel en hul situasie verduidelik. Hulle is goed behandel en onmiddellik vir hul verlies vergoed. “Ons het ‘n vertrouensverhouding met die bestuurder van die winkel gevorm en wil geen name gee nie,” het anoniem gesê.

Die bejaardes het gesê hulle is tevrede met die uitkoms van elke situasie, maar wil ander Potchefstromers, veral bejaardes, waarsku oor wat met hulle gebeur het.  “Maak seker jy het al die items op die kwitansie gekoop, en dat al jou produkte in jou inkopiesakke is,” het anoniem gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button