Ferdies en HTS wil Potch se naam hooghou by Interhoër
Daar is môre, Donderdag, 9 Februarie groot atletiek by die NWU McArthur-stadion wanneer top skole aan die NW Kleinskole Interhoër deelneem om te bepaal wie die kroon gaan dra.
Elrise Pretorius van Ferdies tydens verlede week se atletiekbyeenkoms op Fochville. Foto: Ferdinand Postma/Facebook.
Daar is môre, Donderdag, 9 Februarie groot atletiek by die NWU McArthur-stadion wanneer top skole aan die NW Kleinskole Interhoër deelneem om te bepaal wie die kroon gaan dra. Hoërskool Ferdinand Postma en HTS Potchefstroom is die twee plaaslike skole wat op die dag teen agt ander skole gaan kompeteer.
Die program:
Ander deelnemende skole sluit in Bekker Skool, HTS Klerksdorp, Hoërskool Orkney, New Vision, Educators, Milner High School, Hoërskool Schoonspruit en Hoërskool Wagpos. Die atletiekaksie begin 08:00. Toegangsfooie is R20.
Reuben Jacobs gaan een van die atlete wees om dop te hou.
Elrise Pretorius van Ferdies tydens verlede week se atletiekbyeenkoms op Fochville. Foto: Ferdinand Postma/Facebook.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.