Luiperds pak Pumas in Nelspruit

Proudfoot het die NWU haker, Chyle van Zyl op die bank vir Saterdag se kragmeting gekies.

Die Luiperds gaan Saterdag, 27 April die Pumas. Dit sal ‘n baie moeiliker toets wees as teen die OP, met die Pumas en die Griekwas wat nog onoorwonne in die SA beker is. Volgens Matt Proudfoot, hoofafrigter van die Luiperds, is die span besig om te groei en beter te word. “Ons het geen beserings nie, daar is ‘n paar spelers wat nou terug is na beserings. Die NWU spelers is ook nou beskikbaar om vir die Luiperds gekies te word,” het Proudfoot gesê.

Proudfoot het die NWU haker, Chyle van Zyl op die bank vir Saterdag se kragmeting gekies.

Volgens dié breier gaan hulle fokus op die vaste fasette ter voorbereiding vir hulle volgende wedstryd teen die Pumas. “Die groter spanne soos die Pumas, sit druk op jou tydens die vaste fasette en wag dat jy ‘n fout maak. So die skrums en lynstane gaan vir ons ‘n fokuspunt wees. Dit is lekker om te wen, maar nou moet ons as afrigters ‘n manier kry om dit in oefening
ongemaklik te maak vir die spelers dat hulle nog beter word,” het Proudfoot gesê.
Die Luiperds het nou tot sewende op die punteleer geklim. Hulle wedstryd teen die Pumas skop Saterdag, 27 April in Nelspruit af.

Related Articles

 
Back to top button