Local newsNewsNews

NG Welsyn se gholfdag dryf bewusmaking oor belangrike welsynsdienste

Hierdie gholfdag het vir puik aksie op die baan gesorg, sowel as die hart van welsynsdienste beklemtoon.

Die personeel van die NG Welsyn (NGW) Hoofkantoor het hulle lessenaars vir ’n prettige ervaring op die gholfbaan verruil tydens hul jaarlikse gholfdag by die Potchefstroom Buiteklub op 19 Junie.

Die hoofdoel van die dag was bewusmaking en om ondersteuning te werf vir welsynsdienste, wat kinderbeskerming-, bejaarde- en gesinsorgdienste, insluit. NGW lewer al drie hierdie voorafgenoemde dienste.

NGW noem dat plaaslike organisasies en besighede in spanverband die gholfdag terdeë geniet het.

Die Shotgun afslaan het van die begin af ‘n elektriese atmosfeer geskep. Die borge by die putjies het met hulle unieke kreatiewe stalletjies en gasvryheid die atmosfeer na ’n volgende vlak geneem.

Elke vierbal, putjie- en prys borg, het verseker dat hierdie die beste gholfdag was wat NGW Hoofkantoor nog aangebied het. Die kompetisie tussen die putjieborge het ook vir ‘n prettige atmosfeer gesorg. 

“Hiermee wil ons elkeen opreg bedank vir sy bydrae tot die groot suskses van die golfdag, want sonder spelers, borge en pryse is die sukses van so ‘n dag onmoontlik. Ons sien opgewonde uit na volgende jaar se golfdag en die kreatiwiteit wat dit gaan bring,” noem NG Welsyn.

Kyk die foto’s hier: (Foto’s – CharleneSphotography)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button