Potchefstroom Gimnasium se o16A-skrumskakel, Wihan Strydom, het sy talent op provinsiale vlak gewys toe hy sy Luiperdsspan na ‘n 27-26 oorwinning teen die Valke in die o16 Grant Khomoweek gelei het.
Strydom, wie die onderkaptein van die span is, is as die speler van die wedstryd aangewys.
Die Luiperds was teen halftyd met 13-21 agter, maar het goed teruggeveg om die wedstryd te wen. Die heelagter, Hoërskool Rustenburg-heelagter, Ryan Pheiffer, het die wendrie verdoel om die Luiperds ‘n fantastiese sege te gee.
Die Luiperds speel hul tweede wedstryd vanoggend teen Limpopo om 09:30 by Kearsney College in tussen Pietermaritzburg en Durban.



