VIDEO: Davy Jacobs maak ‘n draai in Potch saam met Kanada
In hierdie video vertel Jacobs meer oor sy terugkeer na krieket sowel as hoe krieket in Kanada groei.

Die voormalige Noordwes en Warriors kolwer en paaltjiewagter, Davy Jacobs, is in Potchefstroom waar hy saam met Kanada oefen ter voorbereiding van die Divisie 2 eindrontes. Kanada kan in hierdie toernooi, wat in NamibiĆ« vanaf 20-27 April plaasvind, weer internasionale eendagkrieket-status met ‘n top 4 posisie behaal. In hierdie video vertel Jacobs meer oor sy terugkeer na krieket sowel as hoe krieket in Kanada groei.
* Lees meer in Donderdag, 18 April se Potchefstroom Herald
Video: Wouter Pienaar