VIDEO: Plaasaanval-projek gaan binnekort internasionaal

’n Potchefstroomse prokureur het onlangs ’n projek geloods wat hy glo sal help om die wêreld van dié sensitiewe kwessie in Suid-Afrika bewus te maak.

’n Potchefstroomse prokureur het onlangs ’n projek geloods wat hy glo sal help om die wêreld van dié sensitiewe kwessie in Suid-Afrika bewus te maak.

Willie Jordaan het vanjaar met Project Survivor South Africa begin. Die projek vra mense wat slagoffers van plaasaanvalle was, om in ’n video oor hul ervaring te praat en in detail te beskryf wat met hulle gebeur het.

Jordaan het hande gevat met WMP Justice Review in die VSA om te help om dié video’s te gebruik om die Amerikaanse regering en spesifiek president Donald Trump, van die probleem bewus te maak.

Hier is ‘n video oor die vordering van die projek:

Back to top button