School sportSport

Ligakoors loop hoog in skolerugby

RANDBURG – Hoërskool Randburg Derby dag teen Hoërskool Linden kom nader.

Linden Hoërskool se eerstespan rugbykaptein, Pascal Snyman, sê sy span is gereed om Hoërskool Randburg se eerste span aan te vat by die Randburg vs Linden Derby-dag wat op 14 Junie gaan plaasvind.

“Ons beplan om groot te gaan hierdie jaar,” sê Snyman. “Randburg het twee jaar laas teen ons gewen op hulle gronde.”

Volgens hom weet hy dat Randburg beplan om ‘n harde spel te speel, “maar ons hier by Linden beplan om ons beste te doen en die beste wedstryd van die jaar te speel.”

Kaptein van Hoërskool Randburg se eerste rugbyspan, Sean Hulley, voel dat sy span so ver goed voorberei het vir hierdie ligatoets.

“Die manne het baie tyd spandeer om die wedstryd voor die tyd te visualiseer en as ‘n span bymekaar gekom om te beplan hoe ons moet speel. Ons gaan op ons tuisveld uitgaan en wys dat ons as ‘underdogs’ beslis bo gaan uitkom,” sê Hulley.

Hoërskool Randburg se Derby-dag teen Linden Hoërskool skop af by die skool op 14 Junie teen 8vm. Al die voormalige Hoërskool Randburg-skoliere, asook die skool se “old boys” word hartlik uitgenooi om te kom ondersteun en hul mooiste rooi aan te trek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randburg Sun in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button