MunicipalNews

Inwoner maak self slaggate reg

Dit is hartseer om te sien hoe Randfontein agteruit gaan — inwoner.

Nog ‘n inwoner van Randfontein, Riaan Coetzer van Helikonpark het inisiatief aan die dag gelê deur sy straat se slaggate met sement te vul.

Riaan is in die fotografiebedryf en het vertel dat ‘n fotograaf altyd ‘n mooi agtergrond wil hê. Die pad het hom nie so ‘n gevoel gegee nie.

Lees ook:

Residents take matters into their own hands by fixing potholes

“Ons wil nie die munisipaliteit se werk uit hul hande neem nie, maar dit is reg voor ons huis, daarom neem ons inisiatief en maak dit reg,” het hy vertel. “Ons bly in so ‘n mooi omgewing; ons wil dit so hou.”

Met graaf in die hand het Riaan Coetzer die slaggate voor sy huis reg gemaak.
Foto: Michelle Roodt.

Riaan het twee sakke sement gekoop en aan die werk gespring.

“My vrou het ‘n salon en ek wil nie hê dat haar kliënte se karre beskadig word nie,” het hy verduidelik.

“Dit is vreeslik hartseer om te sien hoe Randfontein agteruit gaan, maar as ek dit sou los, sou die hele pad ses maande later so gelyk het.”

Hy het ‘n beroep op al die ander inwoners gedoen om ook inisiatief te neem en die gedeelte rondom hul erwe skoon en netjies te maak, dan sal dit al klaar beter gaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button