Oppiwater Kunstefees

Besoek onder andere Maputo en die Portugese eilande. Die res van die tyd hou ons Afrikaanse Kunstefees vir die fynproewer met van die voorste kunstenaars, produksies, toneel, komedie, kabaret en musiekproduksies. Dis uniek – ‘n kunstefees op ‘n drywende hotel met sy pragtige teater en verskillende kleiner venues. 

Die reisprogram is as volg

9 Maart 2015 – Vertrek uit Durban Hawe
10 Maart 2015 – Portugese Eiland/ Inhaca Eiland
11 Maart 2015 – Portugese Eiland/ Inhaca Eiland
12 Maart 2015 – Op see
13 Maart 2015 – Terug in Durban Hawe

 

Kostes

Kajuitkostes wat alle etes insluit: R4 900 tot R11 080pp (afhangende watter kategorie kajuit bespreek word en watter afslag in werking tree met bespreking)
Hawebelasting: Van R480pp
Diensfooi: Van R180pp
Vermaaklikheidsfooi: Van R550pp (toegang tot die goedkoop gesubsidieerde teaterkaartjies).
Versekering: R50pp
*Kostes mag wissel, maar elke passassier ontvang ‘n volledige kwotasie alvorens jy bespreek.

 

Vir meer inligting, skakel Lefra Produksies by 011 815 3000 of epos aan admin@lefra.com  Besprekings kan gedoen word by 087 075 0889 of by www.oppiwater.co.za

 

Back to top button